rawson en betterbond vat hande
22 April 2008

Die verbandtussenganger Betterbond en Rawson Properties het aangekondig dat hulle kragte gaan saamspan in 'n nuwe vennootskap.

Rawson Properties, wat in 2004 benoem is as 'n "Superhandelsmerk" deur die onafhanklinke superhandelsmerkraad van Suid Afrika, is luidens 'n verklaring van Betterbond 'n markleier in residensiele eiendomsverkope en uitverhurings.  Met die vennootskap lewer Betterbond bystand aan Rawson Properties met verbandlenings wat uigereik word. 

Mnr Kevin Lancaster, Betterbond se uitvoerende hoof, sê Rawson Properties se skuif na die PA groep sal groot waarde tot die eiendomsgroep voeg.

Betterbond asook Independent Initiatives maak deel uit van die PA Groep.

Dinsdag 22 April, Volksblad