wetgewing oor huwelik bekyk
05 Maart 2008

Geskryf deur Philip de Bruin, Volksblad, 5 Maart 2008.

'n Belangrike seminaar waarin al die verreikende nuwe wette en wetgewing oor huwelik behandel sal word, soos die Wetsontwerp op Saamblyverhoudings wat in Januarie gepubliseer is, word volgende Vrydag, 14 Maart in Pretoria gehou.

Die seminaarleier is adv. Piet van Niekerk, 'n ervare regspraktisyn en kundige op die gebied van huweliksreg. Hy is die outeur en redakteur van 'n losblad-Lexis Nexis publikasie, A practical guide tot patrimonial litigation in divorce actions.

Die seminaar word onder die vaandel van die vereniging Regsluie vir Afrikaans aangebied.  Van die belangwekkende onderwerpe wat bespreek gaan word, is die uitbereiding van huweliksreg tot groepe soos mense betrokke by saamleefverhoudings, gay-verbintenisse en gewoonregtelike huwelike en die rol van egskeidingshowe. Die seminaar word by die SAOU-konferensiesentrum in Garsfontein, Pretoria, aangebied. Besoek www.vra.co.za vir meer inligting.

Die Volksblad