PH Firms | Knowledge Centre | Intranet | Training Portal Firms  |  Home    
 
      Hot off the Press
  Home
  Useful Links
 
  Contact Us
  Library Search
  Admin
 
 
 

onteieningswet staan oor
21 Augustus 2008 

Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het bevestig dat die omstrede Onteieningswetsontwerp nie nou voor die parlement sal dien nie.

Beeld het verlede week berig dat dié wetsontwerp, wat wyd beskou is as strydig met grondwetlike klousules oor eiendomsreg en vervreemdend teenoor buitelandse beleggings, uit die parlementêre proses onttrek sal word.  Die departement van openbare werke en die parlementêre portefeuljekomitee wat die wetsontwerp hanteer, het tot dusver gesê hulle weet nie of die wetsontwerp onttrek sal word nie.

Mantashe het aan Beeld gesê mense moet egter nie dink dat die grondkwessie daarmee verdwyn nie, en dat ’n balans tussen wit vrese en swart aspirasies gevind moet word om te verhinder dat Suid-Afrika die pad van Zimbabwe loop.  Die uitreikaksie neem die vorm aan van geleenthede wat geskep word vir lede van minderheidsgroepe om insette oor beleidskwessies te lewer omdat die ANC “nie die alleenreg op idees of wysheid het nie”.

Die geleenthede vind landwyd plaas, met Benoni, Stellenbosch en Bellville wat reeds aan die beurt gekom het. Die idee is om spesifiek Afrikaners uit isolasie te bring en in die nasionale diskoers te betrek. 

Twee van die voorste organiseerders van die geleenthede is die voormalige NNP-lede mnre. Renier Schoeman en Daryl Swanepoel, wat nou in die ANC werksaam is.

Mantashe het hom uitgespreek oor die ANC se huidige kritiek op die regbank. Hy het die uitsprake van die ANC-jeugleier, mnr. Julius Malema, bestempel as komende van iemand wat nie ’n senior leier van die ANC is nie. “Hy is ’n jeugleier van die ANC. Jy kan beweer my kind is ’n senior lid van my gesin. Hy is nie. Ek is ’n senior lid van my gesin.”

Lees berig

www.news24.com


 

 
 
  © phatshoane henney inc. 2007

Contact Us  |  Terms of Use  |  Privacy Policy