|
verandering aan geldwette gee parlement reg oor begroting 20 Maart 2008
Uit die verslag van 'n interne parlemetęre taakgroep oor 'n model vir die versterking van oorsig en toerekenbaarheid deur die parlement blyk dit dat konsepwetgewing oor die wysiging van sogenaamde geldwette (waaronder die begroting) reeds opgestel is. 'n Wysiging aan die Reserwebankwet van 1989 is ook voorgestel. Die verslag van die taakgroep, onder leiding van mnr. Obed Bapela (ANC) is gister in beginsel deur die parlement se gesamentlike reëlskomitee aanvaar. Die goedkeuring van die voorgestelde wetgewing sal 'n einde bring aan die jare lange toutrekkery tussen die nasionale tesourie onder leiding van mnr. Trevor Manuel en die parlement oor die wysiging van geldwette.
Dit is ook 'n verdere teken dat parlementslede toenemend in wat baie se laaste jaar in die wetgewende instelling sal wees voor volgende jaar se algemene verkiesing - hul reg wil vestig om die uitvoerende gesag tot orde te roep en nie net 'n rubberstempel te wees nie.
Die ANC se alliansievennoot die vakverbond Cosatu het lankal reeds daarteen te velde getrek dat die begroting reeds 'n voldonge feit is teen die tyd dat daarop kommentaar gelewer kan word. Die probleem spruit uit 'n bepaling in die Grondwet dat die minister van finansies alleen verantwoordelik is vir die indiening van geldwette en dat die parlement wetgewing moet aanvaar oor die prosedure waardeeur dit deur die parlement gewysig kan word.
Sodanige wetgewing is egter nog nooit ingedien nie en Manual en die parlement hou mekaar wedersyds daarvoor verantwoordelik. Die konsep-wetgewing wat nou gereed is om aan die portefeuljekomitee oor finansies voorgelę te word, maak onder meer voorsiening vir die stigting van 'n nuwe parlementęre komitee wat hom met nasionale ekonomiese en fiskale beleid en die oorweging van wysigings aan geldwette sal besig hou.
Dit bepaal voorts dat die minister van finansies jaarliks die nasionale regering se fiskale en makro-ekonomiese beleidsverklarings, asook verklarings oor die finansiële en fiskale verhouding tussen die verskillende regeringsvlakke, ter tafel moet lę.
Die taakgroep meld in sy verslag dat die Reserwebank wel ingevolge die Grondwet onafhanklik is, maar art.55 en art.69 bepaal tog dat hy soos ander soortgelyke liggame aan die parlement verantwoording moet doen. Die Reserwebankwet van 1989 maak nie daarvoor voorsiening nie en dus is die hersiening daarvan nodig om dit in ooreenstemming met die bepalings van die Gondwet te bring.
Bapela het gister gesę die doelwit is nie dat die parlement aan die Reserwebank oor monetęre of ander sake wil voorskryf nie, maar hy het 'n oorsigrol om te speel. Mnr Tito Mboweni, president van die Reserwebank, besoek die portefeuljekomitee reeds die laaste klompie jare vir 'n kwartaallikse inligtingsessie.
Jaco Leuvennink, Volksblad, Donderdag 20 Maart 2008
|