PH Firms | Knowledge Centre | Intranet | Training Portal Firms  |  Home    
 
      Hot off the Press
  Home
  Useful Links
 
  Contact Us
  Library Search
  Admin
 
 
 

verligting kom dalk vir verbruikers
13 Augustus 2008

Verbruikers kan ’n sug van verligting slaak: volgens kenners het voedselprysinflasie ’n piek bereik. Dit beteken egter nie dat pryse sal daal nie, maar eerder dat voedselpryse nie gou weer so dramaties sal styg nie.  Jaarlikse voedselprysinflasie kan egter steeds by 20% draai.

“Ek is nogal optimisties dat voedselprysinflasie oor die volgende vier of vyf jaar sal afneem,” sę mnr. Ernst Janovsky, hoof-landbou-ekonoom van Absa. Volgens hom is laer voedselpryse ’n langtermynneiging węreldwyd.  Mnr. D.F. Fyfer, hoof van PSG Commodities, beaam grootliks Janovsky se siening.

Fyfer wil nie ’n langtermynskatting oor voedselpryse gee nie. “Die landbou is afhanklik van iets wat niemand kan beheer nie: die weer. As daar volgende jaar byvoorbeeld nog vloede in die VSA is, sal dit ’n wesenlike uitwerking op graanpryse hę.”  Hy is egter taamlik seker dat voedselprysinflasie nie verder spoed gaan optel nie.  “Hoë pryse lok meer hektaar vir produksie,” sę hy. “Die landbou-hulpbronnemark sal homself regstel en weer na laer pryse neig.”

As voedselpryse hoog is, plant boere meer gewasse om ’n groter wins te maak. As die vraag afneem, daal voedselpryse.  Volgens Janovsky styg voedselproduksie węreldwyd, maar is verbruikers se koopkrag onder druk.  Die voedselkrisis vanjaar is deels gedryf deur groter vraag na kos van die snel ontwikkelende Asiatiese markte, waar ’n ryker bevolking nou eerder vleis as rys koop.

Dié markte word egter getref deur beduidende inflasie, sę Janovsky. “Dié ouens sal rentekoerse moet begin verhoog.”   Dit sal Asiatiese verbruikers se sakke raak, wat die vraag na kos sal verminder. Dit sal help om die węreldgraanreserwes aan te vul, wat tans gevaarlik laag is. Laer vraag lei ook tot laer pryse.  Die węreldvoedselkrisis vanjaar is veroorsaak deur verskeie internasionale faktore soos ’n stygende vraag uit Asië, voortdurende droogte in Australië en die gebruik van graan vir biobrandstof.
 
Edward-John Bottomley, 
www.sake24.com

 

 
 
  © phatshoane henney inc. 2007

Contact Us  |  Terms of Use  |  Privacy Policy